N3 in Vrystaat vir ure gesluit na ongeluk wat vier lewens eis

Vier mense is dood en ses beseer in die ongeluk op die N3-hoofweg tussen Frankfort en die Wilge-tolplaza in die Vrystaat waarin verskeie voertuie betrokke was. Dié besige hoofroete tussen KwaZulu-Natal en Gauteng was ná die ongeluk vir ure gesluit. Die woordvoerder van die provinsiale nooddiens, Sipho Towa, sê drie motors en ‘n minibus-taxi was in die ongeluk betrokke.