N$18m se skade na veldbrande in Noordwes

Nes in Namibië, het Suid-Afrika ook baie groot uitdagings met veldbrande. Duisende hektaar veld is vernietig en die Magaliesberg Biosfeer-reservaat is bedreig toe ‘n veldbrand verlede week in die Magaliesberge in Noordwes uitgebreek het. Twee vliegtuie wat water uitgooi het dit onder beheer gebring. Die uitvoerende hoof van Agri Noordwes, Boeta du Toit, sê die skade aan die omgewing en weiveld het boere genoop om bykomende voer vir hulle diere te koop. Die skade en verlies aan weiveld beloop sowat 18 miljoen Namibiese dollar. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *