N$1,7m vir Kunene-leerders se voedsel

Die Wêreldvoedselprogram en die ondwysminsiterie het ‘n voedselprogram van van 1,7 miljoen Namibiese dollar van stapel gestuur vir leerlinge van Kunene-skole uit gemeenskappe wat die meeste deur die huidige droogte geraak word. Die skoolvoedingsprogram vorm deel van die regering se strategie om ongelykhede aan te spreek en toegang tot onderwysgeleenthede vir minderbevoorregte kinders in die streek uit te brei waar meer as 3 000 leerders van 19 skole geteiken word. Die ministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp, verduidelik die program aan Kosmos 94.1 Nuus.