N$1,1m in kontant was blykbaar vir boumateriaal by Chinese burger se huis

Die ondersoek na die gewapende roof Woensdag by ‘n woning in Hochland Park duur voort. Die Khomas-polisie sê hulle is steeds op soek na die ses mans wat met meer as 3,3 miljoen Namibiese dollar in kontant en goedere weggekom het. Volgens die jongste berigte het die Chinese burger, Sun Gong, wie se huis dit is, aan die polisie gesê die 1,1 miljoen dollar wat in die kluis was, was vir bougereedskap. Hy bou blykbaar by die huis en was bang voorraad raak op. Die ses was volgens berigte goed ingelig. Hulle het ook die hardeskyf van die geslote-kring televisiestelsel by die huis gevat.