‘n Verbysterende 24-Covid-sterftes vandag aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag 24 Covid-19-verwante sterfgevalle in al 14 streke aangekondig. Altesaam 263 nuwe gevalle is in 13 streke uit 1 297-toetsuitslae aangemeld. In die groep is 18 leerlinge, 2 onderwysers, 17 studente en 13 gesondheidswerkers. Daar is tans 3 999 aktiewe gevalle: 280 mens is in hospitale, waarvan 47 in hoësorgeenhede is.