‘n Sterk Amerikaanse dollar is nie altyd slegte nuus nie

Nes met alles in die lewe is daar ‘n goeie en slegte kant. Terwyl verbruikers oor die algemeen kommer het oor die sterk Amerikaanse dollar en swak rand veral in verband met die brandstofprys, is dit goeie nuus is vir talle sektore soos die jagbedryf, wat trofees insluit, en maatskappye wat uitvoer na die VSA. Die rand verhandel op die oomblik teen 17 teen die Amerikaanse geldeenheid en het in die afgelope sewe dae meer as 4 persent waarde verloor. Die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus verduidelik.