‘n Maand later en geen verslag na verwoestende Jhb-brand

RISE Mzansi sê ‘n maand is reeds verby sedert die brand by Albertstraat 80 in Johannesburg wat die lewens van honderde mense verwoes en meer as 70 sterftes veroorsaak het. ‘n Woordvoerder van RISE Mzansi, Danisile Sathekge, sê die owerhede het nog nie enige substantiewe nuus verskaf oor noodlenigingspogings, beserings, sterftes of steun vir die terugkry van besittings soos identiteitsdokumente wat in die brand verwoes is nie: