‘n Enorme tekort aan spuitnaalde in 2022 verwag

Die wêreld kan in 2022 ‘n enorme tekort aan spuitnaalde ondervind, waarsku die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die tekort van twee miljard spuitnaalde word gedeeltelik aangevuur deur lande se Covid-inentingsveldtogte. Die wêreld het in die pandemie al miljarde spuitnaalde gebruik.