‘n Deel van Sestienmylstrand kan verdwyn

‘n Groot deel van Suid-Afrika se langste strand, aan die Weskus, kan oor so min as twee dekades heeltemal verdwyn. Volgens navorsers aan die Universiteit van die Witwatersrand, loop Sestienmylstrand in die Weskus Nasionale Park die gevaar om weens erosie en stygende see-vlakke, in die nabye toekoms heeltemal onder die Atlantiese Oseaan te verdwyn. Sestienmylstrand in die omgewing van Yzerfontein is nou gemiddeld sowat 52m nouer as wat dit was toe lugfoto’s in 1937 geneem is. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad.