N/a’an ku sê en ministerie moet ophou baklei, albei is nodig

Die Namibiese omgewingsministerie en N/a’an ku sê se stryd duur voort oor nuwe regulasies en rolspelers in bewaring meen dit is onnodig. Dit volg nadat die omgewingsministerie aanvoer dat daar wel deeglike konsultasie oor die nuwe regulasies rakende die aanhouding van groot karnivore in 2018 met rolspelers was. N/a’an ku sê wil die ministerie hoërhof toe sleep oor die nuwe regulasies. Donna Hansen, direkteur van die Okonjima AfriCat-stigting, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die twee partye moet ophou baklei en die kwessie buite die hof oplos, want beide is nodig vir karnivoorbewaring.