M+Z JAC tydren op Gobabis eis weer sy tol

Die Gobabis-motorklub was die gasheer van die M+Z JAC tydren wat in en om die dorp plaasgevind het. Dit was die vierde been van die Namibiese tydrenkampioenskap. Die berugte moeilike terrein het weer sy tol geëis, met net 10 voertuie uit 16 inskrywings wat klaargemaak het. Kosmos 94.1 Sportnuus het gesels met Francois Lottering van Motor Media Namibia, wat al die besonderhede het.