Mynwese vertoon effe beter

Dit wil voorkom asof mynwese ‘n herlewing toon met produksie wat in April vanjaar verbeter het. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het diamant-produksie met 8,6 persent toegeneem teenoor die afname van 15,2 persent wat in Maart vanjaar aangeteken is. Maar, op ‘n jaargrondslag is produksie wat in April aangeteken is steeds amper 6 persent laer. Uraan het swakker gevaar met ‘n daling van amper 26 persent in produksie tydens April teenoor ‘n daling van 16,6 persent in Maart. Op ‘n jaargrondslag het uraan-produksie met net meer as 38 persent gedaal. Internasionaal sê kenners aanvraag na uraan het gedaal nie omdat daar genoeg produksie is nie maar omdat verskeie industrieë voorraad geberg het. Die prys het ook sedert 2009 skerp gedaal. Goud het in April met 14,3 persent teenoor Maart gegroei en op ‘n jaargrondslag met 24,6 persent gedaal.