Mynsektor verwag beste groei in uraan-, goudproduksie
Die 11de uitgawe van die Mynbou-ekspo en -konferensie is aan die gang by die Windhoek Skougronde en bring die hele ontginningsektor onder een dak bymekaar. Die tema is “Groen lote vir Namibië se mynbedryf: ‘n seisoen van geleenthede en groei om ekonomiese uitbreiding te dryf”. Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die hoofrede gelewer en die mynbousektor se groeivooruitsigte uitgelig, en uraan uitgesonder.