Mynlisensies sal moontlik opgeveil word

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sê die opveil van eksklusiewe eksplorasie-lisensies sal oorweeg word. President Hage Geingob se hoëvlak ekonomiese paneel het die voorstel gemaak maar Alweendo sê wetgewing sal aangepas word sodat die minister kan besluit watter lisensies wel opgeveil sal word. Dit sal bepaal word deur middel van kwaliteit data oor bronne en ligging, sowel as die waarde van die bronne. Alweendo het bygevoeg dat die lisensiestelsel binnekort digitaal sal wees. Op die oomblik word alles steeds met die hand gedoen.