Mynbou se virtuele konferensie is belangrik vir sektor

Die Kamer van Mynwese van Namibië se 2021 virtuele mynboukonferensie skop môre af met verskeie kenners wat gaan kyk na maniere hoe die mynbousektor ná die pandemie herlewing kan toon. Die tema is “The Namibian Mining Industry’s Resilience and Growth Post Covid-19”. Volgens die uitvoerende hoof van die kamer, Veston Malango, gaan die mynbousektor geposisioneer word om die ekonomie ná die pandemie te ondersteun. Malango het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy nooi Namibiërs uit om aan die virtuele konferensie deel te neem.