Myn-slik oorstroom Jagersfontein ná damwal meegee

‘n Slikdamwal van ‘n myn het vanoggend in Jagersfontein in die Vrystaat meegegee en gedeeltes van Charlesville en Itumeleng oorstroom. Inwoners is letterlik deur massas water in hul huise oorval en meer as ‘n 100 mense kan dood wees. Bejaardes, kinders, gestremdes in rolstoele en diere het weggespoel. Dit word vergelyk met die Merriespruit-ramp van die tagtigerjare in Virginia. Miljoene liter myn-slik is besig om oor ‘n front van meer as kilometer deur plase suid van Jagersfontein te spoel. Brigadier Sam Makhele, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat sê nooddienste en die polisie is ontplooi.