Mylpaal vir sojaboon-ontwikkeling

‘n Gewasse-wetenskapsonderneming sê ‘n groot gewas-ontwikkelingsmylpaal is in Suid-Afrika bereik met die Suid-Afrikaanse regulerende liggaam se goedkeuring van die eerste geneties-aangepaste sojaboon-eienskap in 20 jaar. Die uitvoerende hoof van Bayer Suider-Afrika, Klaus Eckstein, sê hierdie sojaboon-tegnologie sal na verwagting vir baie jare vir produsente van groot waarde wees. Hy sê alhoewel dit belangrik is vir die onderneming om hul leierskap in die deregulering van eienskappe te bevestig, is dit ook ‘n goeie teken van samewerking met rolspelers in die bedryf.