My toekenning is Namibiërs se toekenning – Hage

President Hage Geingob sê sy toekenning as derde beste president op die vasteland, wat deur die African Vibes Magazine aan hom toegeken is, is ‘n Namibiese oorwinning wat spruit uit spanwerk en toewyding deur alle Namibiërs. African Vibes is ‘n aanlyn tydskrif wat in die VSA gesetel is. Geingob se erkenning saam met President Mokgweetsi Masis van Botswana in die tweede plek, en Mauritius se president, Prithvirajsing Roopun in die eerste plek, is bepaal met behulp van sleutelaanwysers soos die Verenigde Nasies se Menslike Ontwikkelingsindeks, en Transparency International se Korrupsie Persepsie-indeks, onder andere. Geingob sê Namibië se suksesse kan nie alleen behaal word nie en terwyl hy as kaptein die eer ontvang, is dit nie alleen behaal nie.