MVAF hou padveiligheidsveldtog in Zambezi

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds is tans besig met ‘n weeklange padveiligheidsbewusmakings-veldtog in die Zambezi-streek. Dit sal tot Vrydag duur. Die Zambezi-streek is een van die lae ongeluk-streke in die land wat drie persent van die totale ongelukke van 1 729 vir die tydperk Januarie tot Julie 2022 aangeteken het. Data dui egter daarop dat baie mense in die streek kwesbaar bly vir padongelukke weens ‘n gebrek aan begrip. Hoofskakelbeampte van die fonds, Surihe Goamas-Guchu, praat met Kosmos 94.1 Nuus.