Mutorwa hof toe gesleep oor Okh-gebou

Die Namibiese minister van werke John Mutorwa word volgens Namibiese media gedagvaar omdat hy geweier het om ‘n betaling van 2,4 miljoen Namibiese dollar goed te keur vir die sloping van ‘n staatsgebou by Okahandja. Die werke-ministerie het dit glo oorweeg om die Maleisiese Limkokwing Universiteit se Kreatiewe Tegnologie Kampus in die gebou te huisves, voor die voormalige uitvoerende direkteur van werke, Willem Goeiemann, besluit het om dit te sloop. Die gebou was verlate nadat die ministerie tot die beslissing gekom het dat dit nie opgeknap kan word nie.