Musk onder skoot vir wisselvallige besluite

Elon Musk kom onder skoot vir sy besluit om die verbod op Donald Trump se Twitter-rekening op te hef. Jonathan Greenblatt, die uitvoerende hoof van die Anti-Defamation-liga, op sy Twitter-blad dat Musk se besluit om Trump terug toe te laat, oënskynlik ná ‘n kort peiling, wys hy is nie heeltemal ernstig daaroor om die platform te beskerm teen haat, teistering en verkeerde inligting nie. Greenblatt het bygevoeg dat Musk hom daartoe verbind het om niemand weer terug op die platform te laat nie tot hy ‘n deursigtige, duidelike proses daargestel het wat die siening van die burgerlike samelewing in ag geneem het. Hy sê ook dat Musk se besluite oor die afgelope maand wisselvallig en kommerwekkend is.