Musk loop weer deur na Twitter-uitdagings met stelsel
Sommige Twitter-gebruikers kon Woensdag nie twiet nie nadat die webwerf tegniese probleme ondervind het. Rekeninghouers het ‘n boodskap ontvang wat gesê het dat hulle die daaglikse limiet vir die stuur van twiets oortref het. Kenners het gewaarsku dat Elon Musk se drastiese afskaal in personeel by die maatskappy tegniese probleme kan veroorsaak, hoewel dit nog nie duidelik is of die verminderde aantal mense die skuld vir gister se onderbreking was nie.