MultiChoice se Talentfabriek lei jong filmmakers op

MultiChoice Africa is verheug om die volgende geslag passievolle jong filmmakers by die MultiChoice Talentfabriek Akademies in Nairobi, Lagos en Lusaka te verwelkom as deel van die klas van 2022. Na ‘n keuringsproses van ses weke in 13 Afrika-lande, gaan 60 aspirant filmmakers wat Suider-Afrika, Wes-Afrika en Oos-Afrika in Oktober vanjaar begin met hul opleidingsprogram van 12 maande by die MultiChoice Talentfabriek Akademies. Die finale kandidate is gekies na ‘n streng onderhoud en beoordelingsproses. Die MultiChoice Talentfabriek, nou in sy derde jaar, het die vaardighede van 120 opkomende rolprentmakers in 13 lande regoor die vasteland geslyp. Levana Cloete, MultiChoice Namibië se bestuurder vir korporatiewe sake, praat met Kosmos 94.1 Nuus.