MTV kanselleer toekennings oor konflik in Gaza
MTV se Europese musiektoekenningsgeleentheid is gekanselleer oor die gebeure in Israel en Gaza. Die toekenningsplegtigheid sou op 5 November in Parys plaasvind, met optredes van BTS se Jung Kook en voormalige Little Mix-ster Leigh-Anne. Taylor Swift is vanjaar vir sewe toekennings genomineer. Die organiseerders, Paramount, sê met die voortslepende konflik in Israel en Gaza, voel dit nie soos ‘n oomblik vir wêreldwye viering nie, maar eerder ‘n oomblik van rou. Die toekenningseremonie sal nou vir November volgende jaar herskeduleer word.