MTN-torings gee huisies aan uile

Die Suid-Afrikaanse selfoondiens MTN en ‘n uilrehabilitasie-sentrum in Noordwes het hande gevat om honderd ekovriendelike uilhuise in selfoontorings in Gauteng te plaas. ‘n Woordvoerder van die Hartbeespoort uil-rehabilitasiesentrum, Danelle Murray, sê hul meer as 80 000 ondersteuners is baie opgewonde oor die projek. Die sentrum versorg jaarliks meer as duisend uile wat hulle red en rehabiliteer. Murray sê die uilhuise sal beslis help om die krimpende uilbevolking te beskerm teen nog meer gevare: