MTC waarsku oor slenter wat weer die rondes doen

MTC waarsku weer lede van die publiek dat daar geen kompetisie is waar 10 000 Namibiese dollar gewen kan word nie. Die slenter wat onlangs in die nuus was, is terug. Persone word geskakel met die nuus dat hulle die geld gewen het maar, hulle moet sekere besonderhede gee om die prys te ontvang. John Ekongo van MTC sê mense moet versigtig wees.