MTC staan Chelsea by vir Mej. Heelal

MTC het ‘n borgskap van 100 000 Namibiese dollar vir Mej. Namibië 2021, Chelsea Shikongo, aangekondig om haar te help met haar voorbereiding vir Mej. Heelal wat in Desember in Israel gaan plaasvind. Dit sluit ook ‘n selfoon en lugtyd in. Fikameni Mathias van MTC se korporatiewe kommunikasie-departement, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê as ‘n trotse Namibiese maatskappy, is dit hul plig om Namibiërs wat die land internasionaal verteenwoordig, dit sonder sorge kan doen.