MTC se toringbatterye word gesteel

Die plaaslike telekommunikasie-reus, MTC, word geteiken deur misdadigers wat batterye van hul netwerktorings steel. Dit het begin tydens hul 081 Everyone-veldtog wat poog om 100 persent selfoonverbinding aan Namibiërs landwyd te gee. Fikameni Mathias, van MTC se korporatiewe kommunikasie-departement, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is nie net duur nie, maar dit ontwrig ook MTC se teiken vir totale selfoonverbinding.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *