MTC samel N$1,4 miljoen in met ‘We Race Together

MTC se ‘We Race Together’-fondsinsamelsings-inisiatief het meer as 1,4 miljoen Namibiese dollar ingesamel. Die nasiebou-inisiatief het gesien hoe verskeie korporatiewe maatskappye en staatsdepartemente geld ingesamel het vir ‘n liefdadigheidsaak. Verskeie persoonlikhede aan ‘n 400 x 100 meter-afloswedloop by die Onafhanklikheidstadion deelgeneem. Die voorsitter van die borgekomitee, Ndapewoshali Shapwanale, het gesê korporatiewe maatskappye het daarin geslaag om geld by te dra, ongeag die moeilike ekonomiese tye wat tans in Namibië heers. MTC se korporatiewe kommunikasiebeamtpe, Erasmus Nekundi sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is verheug oor die bedrag wat ingesamel is.

Nekundi sê ook hoe MTC die fondse gaan aanwend.