MTC sal 37 sent per aandeel in dividende in Julie uitbetaal

Aandeelhouers van die onlangs genoteerde MTC sal vroeg in Julie ‘n dividend van 37 sent per aandeel ontvang. Die dividend word betaal vir die finansiële halfjaar wat op 31 Maart geëindig het. Die maatskappy het beter inkomste getoon maar, daar was ‘n daling in wins oor die termyn. MTC se inkomste het na 1,4 miljard gestyg teenoor 1,3 miljard wat in dieselfde periode in 2021 aangeteken is. Wins het na 395 miljoen dollar gedaal teenoor 397 miljoen dollar wat in 2021 behaal is.