MTC Dome help straatkinders deur sport

Die Gamechangers-program by die MTC Dome het ‘n ontvlugting geword vir straatkinders in Swakopmund. Die program, wat deel is van die Authentic Entrepreneurs-program deur die MTC Dome en Swakopmund-munisipaliteit, help opkomende entrepreneurs met die nodige vaardighede om besighede te begin. Dit is in 2021 begin en staan tans ook sowat 21 straatkinders by deur sportaktiwiteite. Fanus Engelbrecht, uitvoerende hoof van MTC Dome, sê Gamechangers is die resultaat van een van die Dome se visies, wat is om ware potensiaal te ontsluit. In sy mening dra sport by om karakter te versterk en dissipline te bou wat uiters goed is vir enige jongmens.