Mpumalanga-burgemeester ontken dat hy R700 000 op July bestee

Die burgemeester van die Mhkondo-munisipaliteit in Mpumalanga, Mthokozisi Simelane, ontken bewerings dat hy 700 000 Suid-Afrikaanse rand van belastingbetalers se geld verkwis het tydens verlede naweek se Durban July-perdewedren. Inwoners beskuldig hom daarvan dat hy die belastingbetalers se geld misbruik het te midde van ontsteltenis wat opbou oor beweerde korrupsie en ʼn gebrek aan dienslewering in die uitvoerende burgemeester se kantoor. Simelane sê die bewerings is ʼn politieke foefie: