Motorvoertuig-ongelukkefonds maan teen slenter

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds se hoof van korporatiewe aangeleenthede, Surihe Gaomas-Guchu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die fonds het ‘n waarskuwing aan die publiek uitgereik en sê daar is weer slenters in verband met eisers by die fonds na ongelukke. Sy sê dat eisers gekontak word en persoonlike besonderhede op die manier bekom. Gaomas-Guchu beklemtoon die fonds sal nie telefonies of per epos inligting aanvra nie en het die publiek gemaan om enige vermoedelike gevalle onmiddellik by hulle aan te meld.