Motor ry van krans af by Port St Johns

Die Oos-Kaapse polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat ‘n motor van ‘n krans by Port St Johns se landingstrook afgery het. Omstanders sê ‘n groep van vyf mense het foto’s by die krans geneem toe een agter die stuur van hulle motor inklim en oor die afgrond ry. Die polisiewoordvoerder, Kaya Matola-Mvanyashe, sê dit het reddingspanne etlike ure geneem om die liggaam terug te bring. ‘n Dossier is geopen.