Motinga is FNB, RMB se hoof, openbare sektor

Daniel Motinga is as hoof van die openbare sektor vir beide Rand Merchant Bank en First National Bank Namibia, vanaf 1 September aangestel. FNB se kommersiële hoof, Sepo Haihambo, het in ‘n mediaverklaring gesê Motinga is geen vreemdeling vir FNB of RMB Namibia nie en het sedert 2007 in verskeie kapasiteite in die groep gedien.