Moti-gesin sê daar was GEEN losprys betaal nie

Die Moti-gesin in Suid-Afrika het ontken enige losprys is betaal vir die vrylating van die broers Zia, Zayyad, Alaan en Zidan. Die seuns is verlede maand op pad skool toe in Polokwane in Limpopo ontvoer. Sommige media in die buurland berig ‘n losprys van 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand is na bewering in bondels kontant betaal om die vrylating van die seuns te bewerkstellig. Hulle is drie weke na hulle ontvoering in ‘n dorpie naby Vuwani afgelaai. Die gesin se woordvoerder, Keshia Pachiappen, sê geen losprys is betaal nie en die polisie het ‘n sentrale rol gespeel om die broers se veilige terugkeer te bewerkstellig.