Mosiehof hanteer 126 aansoeke

Die mosiehof in die hoofstad het vanoggend 126 aansoeke hanteer waarvan 83 deur kommersiële banke gebring is. Daar was ook 20 reël 108 aansoeke op die rol. Nege onbetaalde voertuig is opgeëis terwyl 45 lenings, ter waarde van net minder 17,3 miljoen Namibiese dollar nou betaalbaar is. Daar is ook 29 eiendomme met skuld van 26, miljoen dollar wat die banke wil terughê. Die sessies is deur regters Eileen Rakow en Collins Parker hanteer. In Maandag se sessie is daar 14 onverdedigde egskeidings voor regter Hannelie Prinsloo.