Mosiehof: 73 aansoeke om verstekvonnise

Daar was vanoggend 73 aansoeke om verstekvonnisse voor die Mosiehof in die hoofstad. Die sitting is deur Regters Thomas Masuku en Nate Ndauendapo hanteer. Kommersiële banke het 39 van die aansoeke gebring. Banke het 5 onbetaalde voertuie opgeëis en ‘n totaal van 10 lenings ter waarde van 2,74 miljoen Namibiese doller. Vier-en-twintig eiendoms met uitstaande lenings ter waarde van net minder as 30 miljoen doller is teruggevra. Regter Collins Parker sal Maandag 70 onverdedigde egskeidings hanteer.