Mosiehof: 152 aansoeke vandag

Daar was 152 aansoeke om verstekvonnisse op die rol by die mosiehof vanoggend waarvan 21 reël 108 aansoeke was. Die sessies is deur regters Herman Oosthuizen en Harold Geier hanteer. Daar was 92 aansoeke deur kommersiële banke waarvan 29 eise was vir verskeie lenings wat onbetaald is. Net minder as 10,4 miljoen Namibiese dollar is opgeëis. ‘n Totaal van 37 eiendomme met uitstaande skuld van 43,4 miljoen dollar is teruggevra. In een geval is ‘n huis in Walvisbaai met uitstaande skuld van 94 000 dollar opgeëis en ‘n huis in Windhoek is ook teruggevra vir skuld van 91 000 dollar. Ses-en-twintig voertuie is onbetaald en moet terug besorg word aan die banke.