Mosiehof: 130 aansoeke om verstekvonnise

‘n Totaal van 130 aansoeke om verstekvonnisse is vanoggend voor die mosiehof in die hoofstad gebring waarvan 72 deur kommersiële banke gebring is. Daar was 38 reël 108 aansoeke. Die sessies is hanteer deur regters Eileen Rakow en Collins Parker, sowel as die adjunk-regterpresident Hosea Angula. Daar is 46 eiendomme opgeëis met uitstaande skuld van 61,6 miljoen Namibiese dollar. Twee voertuie is teruggevra en 24 lenings ter waarde 9,4 miljoen dollar is betaalbaar. In Maandag se sessie is daar 87 onverdedigde egskeidings op die rol wat in twee sessies deur Angula en regter Thomas Masuku hanteer word.