Mosie van wantroue teen Gautengse premier is ‘n desperate poging van DA

Die Gautengse regering sê die mosie van wantroue wat die DA beplan om teen premier David Makhura ter tafel te lê, is ‘n deperate poging om tersaaklik te bly. Die woordvoerder, Vuyo Mhaga, sê Makhura is steeds verbind tot die stryd teen korrupsie. Mhaga voeg by die regering gaan ook seker maak dat elkeen wat openbare fondse gesteel het, met die volle mag van die gereg te doen kry.