Mosambiekse minister word na die VSA uitgelewer

Manuel Chang, ‘n voormalige minister van finansies van Mosambiek, wat sedert 2018 in Suid-Afrika aangehou word, sal aan Amerika uitgelewer word sodat hy op klagte van bedrog van twee miljoen Amerikaanse dollar tereg kan staan, het die hooggeregshof in Johannesburg bevind. Die hof se uitspraak was ‘n oorwinning vir Mosambiekse burgerlike groepe wat gevrees dat nie aanspreeklik gehou sou word nie as hy aan Mosambiek uitgelewer word.