Mosambiekse hawedorp teruggevat

Sekerheidsmagte in Mosambiek en Rwanda het die Mosambiekse hawedorp Mocimboa da Praia herower. Internasionale nuusagentskappe berig die land se ministerie van Verdediging sê gesamentlike magte het beheer geneem oor die openbare en private infrastruktuur, insluitend regeringsgeboue, die hawe, lughawe, hospitaal, markte en spysenierings-instellings. Operasies konsolideer steeds beheer oor kritieke gebiede, insluitend ‘n gebied waar ‘n watersuiwerings-aanleg geleë is. Die weermag het ook weer beheer oorgeneem oor Awasse, ‘n klein maar belangrike nedersetting naby Mocimboa da Praia.