Morrison sê handel het niks met klimaat uit te waai nie

Die Australiese eerste minister, Scott Morrison, het so te sê erken hy het aangedring dat bepalings wat die Verenigde Koninkryk en sy land aan temperatuur-doelwitte van die Parys-ooreenkoms sal verbind, uit hul handelsooreenkoms verwyder word. Die erkenning, wat in ‘n uitgelekte e-pos van ‘n senior amptenaar onthul word, het vrae laat ontstaan oor Australië se verbintenis om klimaatsverandering aan te spreek. Morrison sê Australië wil klimaat- en handelsaangeleenthede apart hou.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *