Morné Openshaw (48) is slagoffer van padongeluk in stofstorms
‘n Bekende inwoner van Windhoek, die 48-jarige Morné Openshaw is die slagoffer van die tromp-op-botsing wat midde ’n erge stofstorm op die B2-hoofpad naby Arandis gebeur het. Volgens inspekteur Ileni Shapumba van Nampol het Openshaw se Mahindra-bakkie van agter met ‘n Toyota Quantum-minibus gebots terwyl die minibus die pad agter ander voertuie verlaat het. Openshaw se bakkie het glo met die impak in die aankomende verkeer beland en hy het tromp-op met ‘n Scania-vragmotor gebots. Hy is op die toneel dood. Sy passasier is ook in die lig ongeluk beseer, asook die vragmotorbestuurder.