Morgenhof word vir eerste keer in 329 jaar opgeveil

Die geskiedkundige Morgenhof-wynlandgoed teen die hange van Simonsberg by Stellenbosch gaan dié maand die eerste keer in sy bestaan van 329 jaar opgeveil word. Die landgoed het die afgelope byna 30 jaar behoort aan Anne Cointreau, wie se familie in Frankryk sedert 1272 wyn, vonkelwyn en sterk drank produseer. Joff van Reenen van High Street-afslaers sê sy keer terug Frankryk toe om af te tree en haar lewe saam met haar uitgebreide familie te geniet. Die inhoud van die wynkelder is ook deel van die veiling.