Môre gradueer honderde Nust-studente… en dan wat?

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie hou môre sy gradeplegtigheid. Dit is normaalweg ‘n baie gelukkige geleentheid maar, in Namibië is hul kanse vir werk maar skaars. Kenners skat dat jeug werkloosheid vanjaar 49 persent sal bereik so die uitdaging is groot. Die plaaslike arbeidskenner, Herbert Jauch, sê sake word verder bemoeilik omdat ouers later die gegradueerdes se bystand nodig het.

Volgens Jauch moet daar daadwerklik opgetree word in verband met werkskepping in die land.