Moordsake neem toe in Omusati

Volgens die streekgoewerneur van Omusati, Erginus Endjala, is ‘n geringe toename in gevalle van geslagsgeweld, asook ‘n afname in verkragtingsake in die streek in die afgelope jaar aangemeld. Endjala sê dat ‘n totaal van 254 gesslagsgeweldgevalle gedurende die boekjaar 2021/22 aangemeld is, vergeleke met 247 gevalle in 2021, wat ‘n toename van drie persent is. Die streek het 39 gevalle van moord aangemeld vergeleke met 25 sake die vorige jaar, wat ‘n toename van 36 persent is. Van die totaal van 111 onnatuurlike sterftes was 70 selfmoord, terwyl 41 verdrinkings was. ‘n Afname van 16 persent van verkragtingsgevalle is aangemeld, nadat dit van 85 tot 71 sake vanjaar gedaal. Aanranding, bedrog en inbrake neem teen ‘n kommerwekkende tempo in die streek toe. Daar was ook ’n skerp toename in gevalle van winkeldiefstal en veediefstal, meestal van bokke, donkies en beeste.