Moorde van polisiebeamptes wek kommer

Die adjunkminister van Polisie in die buurland, Cassel Mathale, sê die aantal polisiebeamptes wat aan en van diens af vermoor word, bly ‘n bekommernis vir die leierskap van die SAPD. Dit volg op die moord op adjudantoffisier Lindela Mraqisa, wat verbonde was aan die Wes-Kaapse Beskermings- en Sekuriteitsdiensafdeling en sedert 2019 ‘n toegewyde beskermer van Mathale was. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê Mraqisa is een van vyf mense wat Saterdagaand in Gugulethu, Kaapstad, doodgeskiet is: