Moordbeskuldigde pleeg glo selfmoord in sel

Die 40-jarige moord-beskuldigde Sidney Skrywer het homself glo met skoenveters aan die dak van die Windhoekse polisie-aanhoudingselle opgehang. Volgens die Namibiese polisie is die oorledene uit die sel gehaal om na die hof geneem te word, maar hy is eers badkamer toe. Beamptes het hom glo na ‘n ruk gevind waar hy aan die dak hang. Die polisie vermoed geen gemene spel nie. Skrywer staan tereg op aanklagte van moord, roof en die oortreding van ‘n lyk. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy kollega, die 46-jarige Julio Albertos vermoor het wie se verbrande liggaam op 6 April vanjaar in die hoofstad se suidelike nywerheidsgebied gevind is. Skrywer het glo vir Albertos, wat sedert 31 Maart vermis was, vir sy selfoon vermoor.